top of page

VAALBRUG agtergrond

Vaalbrug Dolomiet (Dolomite) is 'n oopgroef dolomietmyn wat tot stand gekom het in 1986. Hier word dolomiet gemyn van 'n hoë en konstante kwaliteit en waarde wat as dolomitiese landboukalk vir die landboubedryf verwerk word. As gevolg van die afsetting se hoë chemiese waardes word uitstekende resultate deurgaans in die landboumark as landboukalk behaal.

Vaalbrug is geleë aan die oewer van die Vaalrivier naby Orkney en bedien die Noord-Weste asook die Vrystaat van landboukalk.  Die konstruksie industrie word ook bedien van dolomitiese (Dolomite supplier) aggregate van hoogstaande gehalte en kwaliteit en hierdie produkte word versprei tot so ver as De-Aar in die Karoo.

Ander gebruike

Tesame met die verskaffing van dolomitiese landboukalk word dolomiet ook met landbougips vermeng vir die bemarking van Greentop 20, 40, 50 en 80.

 

Dit dien onder andere as swael aanvulling in grond wat sodoende grond met 'n lae PH en hoë suurvlak balanseer en die opneembaarheid van kunsmis en spoorelemente verbeter wat beter opbrengste beteken.

Vaalbrug Dolomiet (Edms) Bpk

Posbus 1115 ORKNEY 2620
Tel.        018 011 0011
E-pos.   jenny@vaalbrug.net

             sales@vaalbrug.net

MPY Reg. no: 2003/026116/07
BTW reg. no:  4780253862                  
Reg. no van Dolomitiese Landboukalk: K2189

Reg. no van Vaalbrug Gips: B5477

Kantoor ure

08h00 - 17h00 Maandag tot Vrydag

© Kopiereg - Geen inhoud op die webblad mag gedupliseer of gebruik word sonder die skriftelike toestemming van Vaalbrug. Webblad ontwerp deur 071 492 0659

bottom of page